Rusland vertel van Assad se ontsnapping

Rusland se adjunkminister van Buitelandse Sake het bevestig die voormalige Siriese leier, Basjar al-Assad, is in die land. Sergei Ryabkov het aan NBC News gesê hy is op die veiligste manier moontlik daarheen gebring. Hy het op ‘n vraag of Rusland Assad sal oorhandig vir verhoor, gesê hulle was nie betrokke by die konvensie wat die Internasionale Strafhof tot stand gebring het nie. Assad se regime word beskuldig van oorlogsmisdade, moord, stelselmatige marteling en gedwonge verdwynings. Sy vrou, Asma, en hulle twee kinders is glo ook in Moskou.