Caitlin Clark is Time se Atleet van die Jaar

Die Amerikaanse beroeps-basketbalspeler, Caitlin Clark, is die tydskrif Time se Atleet van die Jaar. Sy is die eerste Nasionale Vroue-Basketbalverenigingspeler wat die eer ontvang. Die 22-jarige is ‘n tweemalige nasionale kollegespeler van die jaar van die Universiteit van Iowa, en die huidige WNBA-nuweling van die jaar van die Indiana Fever. Sy het dié jaar die Heldesaal-vereerde Pete Maravich se prestasie oorskry, en was die top-puntemaker. Clark sê sy het baie om op trots te wees: