‘Ver om te gaan’ vir menseregte in Namibië

Namibië herdenk elke jaar op 10 Desember Menseregtedag, saam met die internasionale gemeenskap. Op hierdie datum in 1948 het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering die Universele Verklaring van Menseregte aanvaar. Die idee is dat menseregte nie ‘n voorreg is nie maar ‘n fundamentele reg vir elke persoon, ongeag hul agtergrond. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman John Walters gesels wat sê daar moet nog baie in Namibië gedoen word om almal se regte te verseker.