Bokke takel All Blacks weer op Eden Park

Rugby: Nieu-Seeland gaan op 6 September volgende jaar die wêreldkampioen, Suid-Afrika, op Edenpark verwelkom. Dit sal die eerste keer sedert 2013 wees dat die All Blacks teen die Springbokke in Auckland kragte meet. Suid-Afrika het Nieu-Seeland in al vier van die twee spanne se laaste toetswedstryde geklop en gaan probeer om ‘n einde te maak aan die Kiwi’s se 50 agtereenvolgende toetsoorwinnings op Edenpark. Scott Robertson se span begin hulle 2025 veldtog met drie toetse in Julie op hulle tuisveld teen Frankryk.