Tom Brady se horlosie-versameling, NFL-goedere onder die hamer

Die sewemalige Super Bowl-kampioen, Tom Brady, se versameling skaars horlosies en NFL-gedenkwaardighede word môre in New York opgeveil. Die veiling, The GOAT Collection: Watches and Treasures from Tom Brady, sluit in die helm wat hy tydens die 2019 New England Patriots-wedstryd gedra het asook sy 21 antieke en moderne horlosies, onder meer die eiesoortige Audemars Piguet Royal Oak wat hy tydens Netflix se Roast of Tom Brady gedra het. ‘n Opbrengs van tot 11 miljoen Amerikaanse dollar word verwag.