SA gebruik al hoe meer grondwater
Die adjunkminister van Water en Sanitasie David Mahlobo sê die regering maak al hoe meer gebruik van grondwater as een van die lewensvatbare opsies om die huidige beskikbare water aan te vul en voorsiening te verhoog. Mahlobo gee erkenning aan vennootskappe met internasionale gemeenskappe oor hulle bydrae tot die Suid-Afrikaanse watersektor, wat ‘n volhoubare en billike voorraad water vir alle Suid-Afrikaners gewaarborg het.