Net SA, Aus, Indië kan Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd haal

Krieket: Slegs Suid-Afrika, Australië en Indië kan nog die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap haal. Die Proteas het tot die boonste plek verbeter nadat hulle vandag in Gqeberha 2-nul skoonskip gemaak het in die reeks teen Sri Lanka, met Australië tweede en Indië derde. Die Protea-bouler Dane Paterson is as speler van die wedstryd aangewys en kaptein Temba Bavuma as speler van die reeks. Bavuma sê hulle besef oorwinnings in die komende twee toetse teen Pakistan sal hulle tot die eindstryd laat deurdring.