IPC gaan dringende aansoek bring oor NV-verkiesings
Die IPC het ‘n kennisgewing van mosie by die hoërhof ingehandig waarvolgens hy op Vrydag, 13 Desember ‘n dringende aansoek in die Verkiesingshof gaan bring oor sekere elemente van die Nasionale Vergadering-verkiesings. Die party dagvaar die Namibië Verkiesingskommissie, die kommissie se uitvoerende hoof Elsie Nghikembua, en president Nongolo Mbumba. Die party vra ‘n bevel dat hy toegelaat word om die verkiesingsmateriaal van die Nasionale Vergadering-kiesproses oop te maak of te inspekteer, of dat sekere materiaal aan hom gelewer word. Die IPC se regsverteenwoordiger is Conradie Incorporated.