Saftu vewerp vroeë aftrede vir staatsamptenare
Saftu sê hy verwerp sonder voorbehoud die regering se plan om vroeë aftree-inisiatiewe in te stel vir staatsamptenare. Saftu-woordvoerder, Mogošadi Maserumule, sê dié kostebesparingsmaatreël, gemik op die verlaging van die staatsdiensloonrekening, bedreig dienslewering en stel die lewensbestaan van duisende werkersklas-gesinne in gevaar. Sy sê die Nasionale Tesourie het 11 miljard Suid-Afrikaanse rand toegeken om die program te befonds, gemik op vroeë aftrede vir nagenoeg 30 000 werknemers: