Dodetal na gebou in Den Haag ineenstort styg na 5
Minstens vyf mense is Saterdag dood in ‘n ontploffing in ‘n woonstelgebou in Den Haag, Nederland. Die owerhede sê die ontploffing het die drieverdiepinggebou deels laat ineenstort en ‘n brand veroorsaak. Vyf verskillende woonstelle is deur die ontploffing geraak. Die polisie vra ooggetuies wat dalk ‘n motor gesien het wat kort na die ontploffing van die gebou af weggejaag het, om na vore te kom. Dit is nie bekend hoeveel mense nog onder die puin is nie, maar die soektog het nou ‘n herwinningsending geword.