SA en Engeland sê mekaar die stryd aan in Krieket SA se Swartdag
Suid-Afrika en Engeland se vroue pak mekaar môre in die tweede eendagwedstryd op Kingsmead in Durban, wat nog ‘n Swartdag-geleentheid sal wees. Krieket Suid-Afrika het die dag bekendgestel om bewustheid te kweek oor geslagsgeweld, en die opbrengs gaan aan ‘n veilige huis vir vroue in nood. Die Proteas het teruggeslaan nadat hulle in die drie T20s ore aangesit is, en het die eerste eendagkragmeting in Kimberley met ses paaltjies gewen met 70 balle oor. Die laaste wedstryd word Woensdag in Potchefstroom gespeel.