Yoon sê jammer, bedank nie
Suid-Koreaanse president Yoon Suk Yeol het vandag om verskoning gevra vir sy poging om krygswet in te stel, maar het nie bedank nie. Die parlement stem vandag om hom in ‘n staat van beskudiging te plaas. Yoon sê hy sal nie probeer om verantwoordelikheid te vermy vir sy besluit om krygswet vir die eerste keer sedert 1980 in Suid-Korea af te kondig nie. Hy sê die besluit is gebore uit desperaatheid. Die toespraak was die omstrede leier se eerste openbare verskyning sedert hy die krygswetbevel vroeg Woensdag herroep het, net ses uur nadat dit verklaar is.