Capricorn Eagles dring deur na finaal in Hongkong

Die Capricorn Eagles het die gasheer Hongkong met vier paaltjies verslaan vir ‘n plek in die finaal môre in die Hongkong Vroue T20-reeks wat Woensdag begin het. Namibië, China, Thailand en Hongkong het aan die reeks deelgeneem. China en Hongkong sal môre om plaaslike tyd half-vier vir derde plek speel terwyl die Eagles Thailand om agt-uur aandurf vir eerste plek.