Zama-zamas eet pap, kakkerlakke tydens ontsnapping

Ses onwettige mynwerkers wat vanoggend uit Skag 11 by Stilfontein na die oppervlak gekom het, beweer hulle is gedwing om met goud te betaal vir kos wat ondergronds deur Basotho-mans verkoop is. Volgens News24 is die mans Mosambiekers en net na middernag in hegtenis geneem. Hulle beskryf angswekkende omstandighede waar hulle pap en kakkerlakke moes eet tydens hulle drie dae lange ontsnapping. Hulle beweer daar is nog meer as 800 mans ondergronds vasgekeer en onder beheer van gewapende mans. Intussen gaan die polisie voort om onwettige mynbedrywighede in die streek te ontwrig.