Rooies appelleer vandag teen borgweiering

Die oud-landdros van Gobabis, Walter ‘Rooies’ Mostert, appelleer vandag in die hoërhof teen weiering van borg in die laerhof verlede jaar tydens die aansoek wat hy in Maart gebring het. Die staat voer aan dat Mostert ‘n vlug risiko is. Hy het twee keer sedert sy arrestasie op klagtes van korrupsie en meer, na Suid-Afrika gevlug. Hy is die laaste keer in Maart 2022 in die Suide aangekeer en het sedertdien, verskeie aansoeke om vrylating gebring en sy hoofsaak van korrupsie vertraag deur verskeie aansoeke. Hy het volgens die staat Namibiese burgerskap toegestaan aan ‘n Suid-Afrikaanse egpaar vir betaling. Regters Claudia Claasen en Herman Januarie hoor die aansoek aan.