Proteas uit vir 358 in eerste kolfbeurt teen Sri Lanka

Krieket: Sri Lanka het Suid-Afrika vir 358 uitgehaal op die tweede oggend van die tweede toets in Gqeberha – maar nie voor Kyle Verreyne die gashere se tweede honderdtal aangeteken het nie. Hy was uiteindelik onoorwonne op 105 nadat Ryan Rickelton gister sy eerste toetshonderdtal behaal het. Kaptein Temba Bavuma het 78 bygedra en Kagiso Rabada ʼn waardevolle 23. Lahiru Kumara het vier paaltjies geneem. Suid-Afrika het die eerste toets in Durban beklink en nog ʼn oorwinning sal hulle kanse verbeter om die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap te haal.