Groenwaterstof-program lei tot groot tenderwerk by AusDecember 6, 2024

Die Karas streeksraad het vier groot infrastruktuur tenders geadverteer vir werk by Aus, in aanloop tot die verwagte ontwikkelings onder die groenwaterstof-program. Die tenders is vir die eerste fases van die bou van ‘n gravitasie-rioolstelsel en water retikulasie, nuwe gruispaaie, die aanlê van elektrisiteitsdienste en die opgradering van grootmaat water retikulasie. Al die tenders sluit op Donderdag, 9 Januarie.