Diamantsektor is veerkragtig – Debmarine
Binnelandse ekonomiese aktiwiteit het gedurende die eerste tien maande van 2024 uitgebrei, maar die diamantsektor het gekrimp as gevolg van swakker wêreldwye vraag en mededinging van laboratorium-gekweekte diamante. Volgens die Bank van Namibië het die mynbedryf oor die algemeen sterk vertoon, met gouduitvoere wat die diamantsektor se afname deels teengewerk het. Diamantpryse het stabiel gebly, maar was aansienlik laer as die vorige jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Debmarine Namibia, wat vertroue het in die diamantbedryf se veerkragtigheid.