Vermeende Ferrari-moordenaars pleit onskuldig

Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Daniele Ferrari by Avisdam in Julie 2020 vermoor het, het onskuldig gepleit. Kefas Iileka, 36, Johannes Shetunyenga, 35 en Antonio Cheme, 28, word in die hoërhof verhoor op klagtes van moord, roof en aanranding. Ferrari is van sy selfoon en beursie beroof. Hulle het volgens die staat ‘n drawwer by die dam, Robert McGregor ook met ‘n panga aangeval. Die drie was in November van 2020 in besit van ‘n onwettige vuurwapen toe hulle gearresteer is. Hulle saak word deur regter Naomi Shivute aangehoor.