Premierliga: Liverpool is voor met 7 punte
Die Engelse Premierliga-voorloper, Liverpool, se wedstryd teen Newcastle by St. James Park het gelykop geëindig met drie elk. Die Reds was twee agter en het ingehaal met ʼn dubbel van Mohamed Salah. Doelwagter Caoimhin Kelleher se fout het in die 90ste minuut aan Fabian Schar kans gegee om die telling vir Newcastle gelykop te maak. Die heersende kampioen, Manchester City, het ʼn 3-0-sege oor Nottingham Forest behaal. Arsenal het Manchester United met 2-0 geklop terwyl Chelsea Southampton met 5-1 verpletter het. Liverpool loop voor met sewe punte.