Konstruksiesektor behoort in ’25 beter te vertoon
Die konstruksiesektor ervaar steeds stadige groei selfs nadat die regering infrastruktuur ontwikkeling van 6,2 miljard Namibiese dollar vir die 2024/25-boekjaar begroot het. Die jongste ekonomiese vooruitsig van die Bank van Namibië toon ‘n inkrimping van 0,2 persent in die sektor in 2023. Groei van 8,5 persent word egter in 2025 verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Josef Sheehama gesels, wat sê die spanning tussen politieke partye kan problematies vir die ekonomie word, maar die sektor behoort ‘n verbetering te sien.