Franse eerste minister uitgegooi
Die Franse eerste minister Michel Barnier is in ʼn geskiedkundige mosie van wantroue uitgestem, slegs drie maande nadat president Emmanuel Macron hom aangestel het. Dis die eerste keer in meer as 60 jaar dat ʼn Franse regering op hierdie manier omvergewerp word. Opposisiepartye het die mosie ingedien nadat Barnier op omstrede wyse spesiale magte gebruik het om sy begroting sonder ʼn stemmery deur te voer. Altesaam 331 wetgewers uit 577 het teen Barnier gestem. Hy sal vandag sy bedanking by Macron indien. Dis ʼn grondwetlike vereiste ná ʼn aanvaarde mosie van wantroue.