FNCC hou klimaat- en biodiversiteitskonferensie
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum bied Vrydag ‘n paneeldebat oor biodiversiteit aan, voor die 11de Interregeringswetenskap-beleidsplatform oor biodiversiteit en ekosisteemdienste se vergadering volgende week in Windhoek. Cyrille Barnerias van die Franse Nasionale Kantoor vir Biodiversiteit is die sleutelspreker. Die sentrum bied ook die Changing Climate – Changing Namibia-uitstalling vanaf Vrydag aan, wat die impak van klimaatsverandering op Namibië se ekosisteme en kulturele erfenis uitbeeld. Fabienne Conradie, die sentrum se kulturele kommunikasiebeampte, gee meer inligting.