Oppas vir sterk wind, moontlike koue
Oppas vir sterk wind, moontlike koueNamibië gaan koeler as die gemiddelde temperature ervaar, met afwykings wat tot -6°C in sommige gebiede kan bereik. Dit is in skrille kontras met die hittegolf wat ander dele van Suider-Afrika teister. Winderige toestande sal na verwagting oor die binneland heers. Inwoners word aangeraai om voorsorgmaatreëls te tref teen sterk winde, wat kan lei tot plaaslike stofstorms en verhoogde brandrisiko’s in droë gebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor gesels.