VN brei voedselhulp in Haïti uit
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram brei sy operasies in Haïti uit om in die toenemende voedselnood te voorsien. Meer as 50 000 inwoners van Haïti moes die afgelope twee weke vlug weens die bedreiging van gewapende groepe. Meer as 5,4 miljoen mense regoor dié land word deur erge honger in die gesig gestaar. Die getal mense in Haïti sonder heenkome het ver oor 700 000 toegeneem. Die agentskap sê hy het sover vanjaar noodbystand, skoolvoedsel en maatskaplike beskerming aan 1,7 miljoen mense regoor Haïti voorsien.