Stilfontein: Nog 21 kom uit 

Een-en-twintig onwettige mynwerkers het uit eie wil die Margaret-skag en skag tien in Stilfontein in Noordwes verlaat. Hulle is van Lesotho, Zimbabwe en Mosambiek. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria die regering beveel het om gemeenskapslede en organisasies toe te laat om humanitêre hulp te verleen aan die ondergrondse mynwerkers. Meer as 1 200 mynwerkers het sedert 18 Augustus toe Operasie Vala Umgodi begin is, verskillende skagte verlaat.