Stad Windhoek lamgelê… tot 9 Desember

Die Windhoek munisipale raad is tans sonder ‘n burgemeester, onderburgemeester en voorsitter van die bestuursraad na raadslede Maandagmiddag uitgestap het. Die partye het weer vanoggend gepoog om te stem. Die munisipaliteit se uitvoerende hoof Moses Matyayi het eers aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle wag nog op die raadslede.

Kort daarna was landdros Immanuel Ndjombala genoodsaak om die stemmery tot 9 Desember uit te stel omdat net vier van die 15 nodige lede opgedaag het. Die raad is dus lamgelê.