‘Onwettige besetting van staatsgrond moenie krimineel wees nie’
Die Kaapstadse nieregeringsorganisasie, Ndifuna Ukwazi, is gekant teen die regering se voorneme om die onwettige besetting van grond in staatsbesit te kriminaliseer. Die Menslike Nedersettings departement het aangekondig hy hersien wetgewing teen die toename in die onwettige besettings van openbare grond en huise. Woordvoerder Buhle Booi het aan SABC News gesê daar bestaan reeds wetgewing wat aandag gee aan die kwessie, en daar is gevolglik geen behoefte aan nuwe wetgewing nie.