Dis vandag 57 jaar sedert die eerste hartoorplanting ooit

Dit is vandag 57 jaar sedert die mediese pionier dr. Chris Barnard die wêreld se eerste hartoorplanting by Groote Schuur in Kaapstad uitgevoer het. Die pasiënt was ‘n winkeleienaar, die 54-jarige Lewis Washkansky, wat chroniese hartsiekte gehad het en die skenker, ‘n 25-jarige vrou, Denise Darvall, wat in ‘n motorongeluk oorlede is. Washkansky is 18 dae later aan longontsteking dood. Dit is veroorsaak deur die oorplantingsmedikasie wat hy moes drink om verwerping van die hart te voorkom. Barnard self is in 2001 op die ouderdom van 78 dood na ‘n asma-aanval.