Aussie-vrou vind dodelike slang by haar voete, in voertuig op hoofweg
ʼn Australiese vrou moes haarself teen ʼn dodelike tierslang in haar voertuig verdedig terwyl se teen 80 kilometer per uur op ʼn hoofweg buite Melbourne bestuur het. Die polisie in Victoria sê die kaalvoet-vrou het probeer om motoriste se aandag te trek langs die Monash-hoofweg. Sy het glo iets op haar voet gevoel en toe sy afkyk beweeg een van die wêreld se giftigste slange teen haar been op. Volgens kenners is dit feitlik ʼn wonderwerk dat die vrou lewend daarvan afgekom het.