Moana 2 maak beste vyfdag-debuut ooit

Disney Entertainment se medevoorsitter, Alan Bergman, sê Moana 2 het alle verwagtinge oortref en getuig van die fenomeen wat Moana geword het. Die tekenfliek met Auli’i Cravalho en Dwayne Johnson in die hoofrolle het die beste vyfdag-debuut ooit gemaak en Universal se 2023-treffer, The Super Mario Bros, verbygesteek. Moana 2 se wêreldbekendstelling is ook die tweede grootste van die jaar naas nog ʼn Disney-fliek, Deadpool & Wolverine. Universal se Wicked en Paramount se Gladiator 2 wat albei verlede naweek bekendstel is, lok steeds fliekgehore.