Biden besoek Angola

Aktiviste in Angola sê hulle doen hul bes om te verseker dat president Joe Biden nie nalaat om Angola se kommerwekkende geskiedenis van mishandeling teen burgerlikes aan te spreek wanneer hy Luanda besoek nie. Biden kom vandag in die buurland aan. Die aktiviste het op 26 November aan ‘n videokonferensie met Withuis-amptenare deelgeneem om hul bekommernisse en verwagtinge te deel voor Biden se besoek en intussen het drukgroep Amnestie Internasionaal op 27 November ‘n verslag vrygestel wat die polisie se straffeloosheid aan die kaak stel in ‘n reeks gewelddadige onderdrukkings van betogers wat die afgelope jare tot die dood van minstens 17 mense gelei het.