Vierde herdenking van die afsterwe van Japie van Zyl, Dirk MudgeAugust 26, 2024

Namibië herdenk vandag Heldedag en ook die vierde herdenking van die afsterwe van twee plaaslike helde. Die veteraan politikus en Brahman stoetboer, Dirk Mudge is vandag vier jaar gelede op die ouderdom van 92 in MediClinic in Windhoek oorlede. Dr. Japie van Zyl, seker Namibië se bekendste ingenieur is ook vandag vier jaar gelede op die ouderdom van 63 aan ‘n reuse-hartaanval in Kalifornië oorlede. Hy was werksaam by Nasa en was deel van die pionierspan wat die rover Curiosity op Mars geland het.