Dis Wagter en Wollie se dag vandagAugust 26, 2024
Dit is vandag Internasionale Hondedag. Op dié dag vier die wêreld die mens se beste vriend en skep bewustheid oor die viervoet-metgeselle se behoeftes. Die dag is in 2004 deur die diere-kampvegter, Colleen Paige, ingestel en beklemtoon die belangrikheid van troeteldier-eienaarskap, -aanneming en die welsyn van honde wêreldwyd. Hondeliefhebbers word aangemoedig om hul troeteldiere vandag te bederf met spesiale bederfies, aktiwiteite en ekstra aandag.