Boeing sê 2 ruimtevaarders kom eers in Feb. ’25 terug

Twee Nasa-ruimtevaarders wat al meer as twee maande in die ruimte gestrand is, sal in Februarie 2025 met SpaceX terugkeer aarde toe. Sunita Williams en Barry Wilmore het op 5 Junie op ‘n agt dae lange sending na die Internasionale Ruimtestasie vertrek, maar sal nou ongeveer agt maande in ‘n wentelbaan deurbring. Die Starliner het probleme ondervind op pad na die ruimtestasie, insluitend lekkasies van helium en aandrywers wat nie behoorlik gewerk het nie. Ingenieurs by Boeing en Nasa probeer om die tegniese probleme met die tuig op te los.