Rugby: Felix Jones bedank by EngelandAugust 25, 2024
Engeland se verdedigingsafrigter, Felix Jones, het na sewe maande in die pos sy onmiddellike bedanking ingedien. Dit volg na die krag- en kondisionerings-guru, Alex Walters, ook onlangs weg is om by Ierland aan te sluit. Die voormalige Ierse speler het twee Wêreldbekers in 2019 en 2023 saam met die Springbokke ingepalm, voor hy by die Engelse span aangesluit het vir ‘n redelike kort tydjie by Twickenham. Na wat berig word was hy ongelukkig oor wat hy beskryf as ‘n ‘onstabiele werkomgewing’ in die Engelse kamp.