Leeus en Haaie bou steeds Curriebeker momentumAugust 25, 2024
Die Leeus het hulle kanse vir ‘n Curriebeker-halfeindstryd op hulle tuisveld versterk met ‘n bonuspuntoorwinning van 38-21 teen die verdedigende kampioene, die Cheetahs, in Bloemfontein. Die Leeus het ses drieë gedruk en is nou tweede op die punteleer. Die Haaie het in Kaapstad ook momentum opgebou met hulle sege van 31-23 teen die Westelike Provinsie. Die besoekers het vyf punte met die oorwinning verdien. Die Bulle, wat nog steeds onoorwonne is, het die Griekwas Vrydagaand op Loftus met 47-24 afgeransel en nog ‘n bonuspunt verdien. Vanmiddag verwelkom die Griffons die Pumas in Welkom.