IDF loods aanvalle op LibanonAugust 25, 2024

Die Israeliese weermag het vanoggend aanvalle geloods op wat hulle terreurteikens in Libanon noem. Volgens die weermag kom die aanvalle na intelligensie dat Hezbollah voorberei om sy eie aanvalle uit te voer. Daniel Hagari, woordvoerder van die weermag sê die aanvalle is in selfverdediging. Ongeveer 200 vuurpyle is vroeg vanoggend vanaf Libanon na Israel gelanseer maar is afgeweer. Vlugte vanaf die Ben Gurion-lughawe is tydelik opgeskort.