Sheehama-verdagtes weer 22 Augustus terug in die hofAugust 9, 2024

Die Erongo-polisie is druk besig met die ondersoek na die dood van die Unam-student Matheus Sheehama wat eers as vermis aangegee is en toe Dinsdag uitgespoel is. Dit kom na sy meisie, die 27 jarige Jessica Gaes, ook in hegtenis geneem is en reeds verskyn het. Haar saak is tot 22 Augustus uitgestel. Die streeksbevelvoerder kommissaris Nikolaus Kupembona, het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat verdere klagtes teen die ander vyf verdagtes, wat ook reeds verskyn het op Walvisbaai, bygevoeg sal word.