Endjala loof verkiesings in Venezuela

Die hoof van die Namibiese waarnemersending na die Venezolaanse verkiesing, Erginus Endjala, doen ‘n beroep plaaslike verkiesingskommissie om die verkiesingsproses in Venezuela na te volg. Endjala beskryf die verkiesing as kalm, georganiseerd, vry en regverdig. Dit kom na berigte van kiesers wat nie by stemlokale toegelaat is nie, vertragings wat as aspris beskryf is wat stemlokale laat sluit het, en kandidate wat verbied is om deel te neem. Maduro is as wenner aangewys wat gelei het tot gewelddadige betogings en die opposisie wat sê hy het bewyse dat Maduro verloor het. Nege Suid-Amerikaanse land het reeds bande met Venezuela eers verbreek.