OVK verklaar SA verkiesing vry, regverdigJune 3, 2024
Die Verkiesingskommissie het die algemene verkiesing van 2024 as vry en regverdig verklaar. Die stempersentasie was 58,61-persent, baie laer as die 66-persent in 2019. Meer as 16-miljoen stemme is uitgebring. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo het tydens die aankondiging van die uitslae in Midrand gesê in ‘n verkiesing is die keuse van die kieser soewerein en dit mag nie misken word nie. Hy sê kiesers wat stem is die ware kampvegters vir demokrasie.