Swapo kan nes ANC by stembus pak kry: kennerJune 3, 2024
Na die beduidende historiese afname in steun vir die ANC in Suid-Afrika se verkiesings, voorspel ontleders dat Swapo ‘n soortgelyke uitdaging in Namibië se verkiesings in November in die gesig staar. Die ANC, Afrika se oudste bevrydingsbeweging en Swapo se susterparty, het slegs byna 40 persent van die stemme getrek, wat dit forseer om koalisie-vennote te soek om ‘n regering saam te stel. Dit was die eerste keer sedert 1994 dat die ANC onder 50 persent van die stemme gekry het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê daar is verskeie faktore wat die regerende party ook kan raak.