Radikale Ahmadinejad wil weer Iran se president wordJune 3, 2024

Iran se radikale voormalige president, Mahmoud Ahmadinejad, het hom as kandidaat geregistreer vir die presidensiële verkiesing in die land. Die Islamitiese republiek hou op 28 Junie sy presidentsverkiesing om president Ebrahim Raisi te vervang, wat in ‘n helikopterongeluk dood is. Ahmadinejad was president vir twee agtereenvolgende termyne van 2005 tot 2013. Sy presidentskap is gekenmerk deur ‘n stryd met die Weste, veral oor Iran se kernprogram, en sy uitdagende uitsprake oor Israel. Sy benoeming moet goedgekeur word deur die konserwatiewe Raad van Bewakers, bestaande uit 12 juriste wat alle kandidate vir openbare posisies keur.