Venaani in stryd om August 26 se sake bloot te lêJune 3, 2024
Die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, het die langdurige vertraging in die publikasie van die forensiese ouditverslag oor die sake van August 26 Holding Company betreur. August 26 is 100 persent in staatsbesit met die verdediging-ministerie as die enigste aandeelhouer. In ‘n persverklaring beklemtoon die PDM die belangrikheid van aanspreeklikheid in die bestuur van openbare fondse. Venaani het vroeg in Mei aan Mbumba geskryf en hom aangemoedig om te verseker dat die ouditeur-generaal se verslag onmiddellik vrygestel word. Roberto Dirkse, presidensiële woordvoerder, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus Venaani se lang stryd.