Elektriese lepel laat kos souter smaakJune 3, 2024

‘n Battery-aangedrewe lepel wat kos souter laat smaak, is in Japan te koop. Die lepel is bedoel vir mense wat hulle soutinname wil verlaag. In Japan verbruik volwassenes gemiddeld ongeveer 10-gram sout per dag, wat dubbel die aanbevole inname is. Die lepel werk deur ‘n swak elektriese stroom deur die punt van die toestel te stuur, wat natrium-ioon-molekules op die tong konsentreer. Dit laat kos een-en-‘n-half keer souter smaak. Gebruikers kan ook besluit hóé sout hulle kos moet smaak, deur een van vier vlakke van intensiteit te kies.