‘Dronk’ vragmotorbestuurder bots teen bakkie, toe huisJune 3, 2024
‘n Gesin in Narraville in Walvisbaai is gelukkig dat hulle nie beseer is toe ‘n vragmotor teen ‘n slaapkamer van hul huis in Sam Nujomalaan gebots het nie. Die voorval het Sondagaand gebeur toe ‘n Cino vragmotor met ‘n buitelandse registrasienommer en ‘n Isuzu dubbelkajuit-bakkie kop-aan-kop gebots het. Die vragmotor het daarna teen die huis gebots. Die 54-jarige Zambiese bestuurder van die vragmotor was vermoedelik onder die invloed van alkohol, maar het geweier om die blaastoets te doen. Hy is in hegtenis geneem vir dronkbestuur en weiering om te blaas. Die bestuurder van die Isuzu het ‘n wond aan haar linkerbeen opgedoen en gekla van borspyn. Die 17-jarige passasier is lig beseer en hy is hospitaal toe geneem.