DA vorm koalisie-onderhandelingspan met Helen Zille, Tony LeonJune 3, 2024

Die DA-leier John Steenhuisen sê die party se federale uitvoerende gesag het eenparig ʼn resolusie aanvaar om gesprekke oor moontlike koalisies met ander politieke partye te voer. Die ANC het sy volstrekte meerderheid verloor wat nasionaal en in sommige provinsies die weg baan vir ʼn koalisieregering. Steenhuisen sê die onderhandelingspan wat bestaan uit Helen Zille, Ivan Meyer, Siviwe Gwarube, Alan Winde, Tony Leon en Ryan Coetzee, sal samesprekings met ander partye fasiliteer.