Algemene registrasie van kiesers skop afJune 3, 2024

Namibiërs kan van vandag af as kiesers registreer vir die nasionale verkiesing in November. Die algemene registrasie van kiesers duur tot 1 Augustus, en die datum sal nie verleng kan word nie. Alle kiesers wat voorheen geregistreer was, moet herregistreer om te kan stem. Die Verkiesingskommissie het 4 297 registrasiepunte in 121 kiesafdelings in al 14 streke van die land. Alle kwalifiserende burgers word aangemoedig om in hul kiesafdelings te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, wat sê dat partyleiers hul lede moet aanmoedig om kieserskaarte te kry.