Minimumloon word werklikheid – in 2025June 3, 2024
Die kabinet het die arbeidminister se besluit onderskryf om loonbevel uit te reik wat ‘n nasionale minimumloon effektief Januarie 2025 sal instel. Die minimumloon is vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur en is onderhewig aan hersiening na twee jaar. Lydia Indombo, die arbeidsministerie se uitvoerende direkteur, het die aankondiging gemaak.
Tans is daar net minimum lone in sekere bedrywe. Die nuwe minimumloon vir huis- en plaaswerkers sal oor drie jaar infasseer word.