Alcaraz takel Tsitsipas in Parys, Swiatek gaan deurJune 3, 2024
Tennis: Die tweemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, kom in die kwarteindronde van die Franse Ope teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan. Die Spanjaard het die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, met 6-3, 6-3, 6-1 verslaan terwyl Tsitsipas die Italianer Matteo Arnaldi met 3-6, 7-6, 6-2 en 6-2 geklop het. In die vroue-afdeling het die wêreld-nommereen van Pole, Iga Swiatek, die vinnigste sege van haar loopbaan behaal toe sy die Rus, Anastasia Potapova, in 40 minute met 6-0, 6-0 verpletter het om die kwarteindronde te haal. Alcaraz sê hy sien uit na die wedstryd teen Tsitsipas.